WORD OF THE DAY:
[Psalm 93:4]
Mightier than the thunder of the great waters, mightier than the breakers of the sea - the Lord on high is mighty!
MESSAGE OF THE DAY:
THE FAITH OF THE CENTURION OF CAPERNAUM:
1. English - (New Internationdl Version.)
[Luke 7:1-7]
1. When Jesus had finished saying all this in the hearing of the people, He entered Capernaum.
2. There a centurion's servant whom his master valued highly, was sick and about to die.
3. The centurion heard of Jesus, and sent some elders of the Jews to Him, asking Him to come and heal his servant.
4. When they came to Jesus, they pleaded earnestly with Him:
5. "This man deserves to have You do this, because he loves our nation, and has built our synagogue."
6. So Jesus went with them. He was not far from the house, when the centurion sent friends to say to Him: "Lord, don't trouble Yourself, for I do not deserve to have You come under my roof.
7. "Neither did I consider myself worthy to come to You. But (just) speak a Word, and my servant boy will be healed."
Vrydag 13 Maart 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
[Psalm 93:4]
Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die Here geweldig in die hoogte!
BOODSKAP VAN DIE DAG:
DIE GELOOF VAN DIE HOOFMAN VAN KAPERNAUM:
2. Afrikaans - (Ou Afrikaanse Vertaling)
[Lukas 7:1-7]
1. En nadat Hy voor die ore van die volk al Sy woorde beëindig het, het Hy in Kapernaum ingegaan.
2. En die dienskneg van 'n sekere hoofman oor honderd, wat vir hom baie werd was, was ongesteld en het op sterwe gelê.
3. Toe hy dan van Jesus hoor, het hy ouderlinge van die Jode na Hom gestuur met die versoek aan Hom dat Hy moes kom en sy dienskneg gesond maak.
4. En toe hulle by Jesus kom, het hulle Hom dringend gesmeek en gesê: "Hy is dit werd dat U dit vir hom doen;
5. Want hy het ons volk lief en het self die sinagoge vir ons gebou."
6. En Jesus het saam met hulle gegaan; maar toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die hoofman oor honderd vriende na Hom om vir Hom te sê: "Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie.
7. "Daarom het ek my ook nie waardig geag om na U te gaan nie; sê dit maar met 'n Woord, en my kneg sal gesond word."
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Không có nhận xét nào:
Đăng nhận xét