WORD OF THE DAY:
[Romans 10:9,10,11]
9. That if you confess with your mouth the Lord Jesus, and believe in your heart that God Has raised Him from the dead, you will be saved.
10. For with the heart one believes to righteousness, and with the mouth confession is made to salvation.
11. For the Scripture says: "Whoever believes on Him, will not be put to shame."
MESSAGE OF THE DAY:
JESUS FORGIVES AND HEALS A PARALYTIC:
1. English - (New King James Version)
[Romans 5:17-21]
17. Now it happened on a certain day, as He was teaching, that there was Pharisees and teachers of the law sitting by, who had come out of every town of Galilee, Judea and Jerusalem. And the power of the Lord was present to heal them.
18. Then behold, men brought on a bed a man who was paralyzed. And they sought to bring him in and lay him before Him.
19. And when they could not find how they might bring him in because of the crowd, they went up on the housetop and let him down with his bed through the tiling, into the midst before Jesus.
20. So when He saw their faith, He said to him: "Man, your sins are forgiven you!"
21. And the scribes and the Pharisees began to reason, saying: "Who is this Who speaks blasphemies? Who can forgive sins but God alone?"
Vrydag 27 Februarie 2015.
WOORD VAN DIE DAG:
[Romeine 10:9,10,11]
9. As jy met jou mond die Here Jesus bely, en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.
10. Want met die hart glo ons tot geregtigheid, en met die mond bely ons tot redding.
11. Want die Skrif sê: "Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie."
BOODSKAP VAN DIE DAG:
JESUS VERGEWE EN GENEES 'N VERLAMDE.
1. Afrikaans - [Ou Afrikaanse Vertaling]
[Lukas 5:17-21]
17. En op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle te genees.
18. En daar het manne, 'n man wat verlam was op 'n bed gebring, en hulle het probeer om hom in te bring, en voor Hom neer te sit.
19. En toe hulle vanweë die skare geen kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met die bed afsak deur die panne, tussen die mense in en voor Jesus.
20. En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom: "Mens, jou sondes is jou vergewe."
21. En die skrifgeleerdes en die
Fariseërs het begin redeneer en sê: "Wie is Hy wat so Godslasterlik praat? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?"
(God willing and by His marvellous grace and mercy, I will share the Word with you as often as I possibly can. /
As dit die wil van God is en deur Sy wonderbare genade en barmhartigheid, sal ek die Woord met u deel so dikwels as wat ek moontlik kan.)
Không có nhận xét nào:
Đăng nhận xét